Saturday, 3 June 2017

PÊREL VIR ELKE DAG. / PEARL FOR EACH DAY.

Donderdag 22 Junie 2017. 
PÊREL VIR ELKE DAG;

(Openbaring 2:22,23)
22. "'Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie. 
23. "'En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die Gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.'"
 
Thursday 22 June 2017. 
PEARL FOR EACH DAY:
22. "'Indeed, I will cast her into a sickbed, and those who commit adultery with her into great tribulation, unless they repent of their deeds. 
23. "'I will kill her children with death, and all the Churches shall know that I Am He Who searches the minds and hearts. And I will give to each one of you, according to your works.'"

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om die korrekte "PÊREL" aan u deur te gee elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, lofprysing, aanbidding en danksegging van nou tot in alle ewigheid. 
/
I am trusting the Holy Spirit of God to present the correct "PEARL" to you every day, according to your needs and expectations. To Him be all honour, glory, praise, worship and thanksgiving from now and forever more. )



Tuesday, 30 May 2017

PÊREL VIR ELKE DAG. / PEARL FOR EACH DAY.

Sondag 4 Junie 2017. 
PÊREL VIR ELKE DAG. /. PEARL FOR EACH DAY:
(Openbaring 2:2)
Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is, en dit nie is nie - en hulle leuenaars bevind het.  

Sunday 4 June 2017. 
PEARL FOR EACH DAY:
(Revelation 2:2)
 I know your deeds, your hard work and your perseverance. I know that you cannot tolerate wicked people, that you have tested those who claim  to be apostles but are not - and have found them false. 

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om die korrekte "PÊREL" aan u deur te gee elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, lofprysing aanbidding en danksegging van nou af tot in alle ewigheid. 
/
I am trusting the Holy Spirit of God to reveal the correct and appropriate "PEARL" each day, according to your needs and expectations. To Him be all glory, honour, praise, worship and thanksgiving now and forever more. 




PÊREL VIR ELKE DAG. /. PEARL FOR EACH DAY.

Donderdag 1 Junie 2017. 


HEMELVAART:
Matthéüs - (Matthéüs 28:19,20) 
19. "Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 
20. "En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen."

Markus - (Markus 16:19,20.)
19. Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God. 
20. Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die Woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen. 

Lukas - (Lukas 24:50-52)
50. En Hy het hulle uitgelei tot by
Betánië. En Hy het Sy hande opgehef en hulle geseën. 
51. En terwyl Hy hulle seën het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.  
52. En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.  

Handelinge - (Handelinge 1:9-11)
9. En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. 
10. En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, 
11. en sê: "Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het."

Thursday 1 June. 2017. 
ASCENSION: 
Matthew - (Matthew 28:19,20)
19. "Therefore go and make disciples of all nations, baptizing them in the Name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit 
20. "and teaching them to obey everything I have commanded you. And surely I Am with you always, to the very end of the age."

Mark - (Mark 16:19,20)
After the Lord Jesus had spoken to them, He was taken up into heaven, and He sat at the right hand of God. 
20. Then the disciples went out and preached everywhere, and the Lord worked with them and confirmed His Word by the signs that accompanied it.   

Luke - (Luke 24:50-52)
50. When He Had led them out to the vicinity of Bethany, He lifted up His hands and blessed them. 
51. While He was blessing them, He left them and was taken up into heaven. 
52. Then they worshiped Him and returned to Jerusalem with great joy.  

Acts - (Acts 1:9-11)
9. After He said this, He was taken up before their very eyes, and a cloud hid Him from their sight. 
10. They were looking intently up into the sky as He was going, when suddenly two men dressed in white stood beside them.   
11. "Men of Galilee," they said: "Why do you stand here, looking up into the sky? This same Jesus, Who Has been taken from you into heaven will come back in the same way you have  seen Him go into heaven."



Photo kindly supplied by Belinda van Heerden Craill. May God Almighty bless you richly Belinda!   

PÊREL VIR ELKE DAG. /. PEARL FOR EACH DAY.

Saterdag 3 Junie 2017. 

PÊREL VIR ELKE DAG:

(Judas 1:22,23a)
22. En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; 
23a. maar ander moet julle met vrees red, deur hulle uit die vuur te ruk. 

Saturday 3 June 2017. 
PEARL FOR EACH DAY:
(Jude 1:22,23a)
22. Be merciful to those who doubt;
23a. save others by snatching them out of the fire. 

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om die korrekte "PÊREL" aan u deur te gee elke dag, volgens u behoeftes en verwagtinge. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, lofprysing, aanbidding en danksegging nou en tot iin ewigheid. 
/
I am trusting the Holy Spirit of God to  reveal the appropriate "PEARL" to you every day, according to your needs and expectations. To Him be all glory, honour, praise, worship and thanksgiving now and forever.)  


Monday, 17 April 2017

'N PÊREL VIR ELKE DAG. /. A PEARL FOR EACH DAY.

Maandag 24 April 2017. 

'N PÊREL VIR ELKE DAG:

(Markus 7:34,35)
34. En nadat Hy opgekyk het na die hemel, sug Hy en sê aan hom: "Effata," dit is: "Gaan oop!"
35. En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat. 

Monday 24 April 2017. 
A PEARL FOR EACH DAY:
 
(Mark 7:34,35)
34. Then, looking up to heaven, He sighed, and said to him: "Ephphatha,"that is: "Be opened."
35. Immediately his ears were opened, and the impediment of his tongue was loosed, and he spoke plainly. 

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om die korrekte "PÊREL" deur te gee elke dag, volgens u behoeftes. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, lofprysing, aanbidding en danksegging, nou en tot in ewigheid. 
          /
I am trusting the Holy Spirit of God to present the appropriate "PEARL" to you every day, according to your needs. To Him be all glory, honour, praise, worship and thanksgiving now and forever).


  

'N PÊREL VIR ELKE DAG. /. A PEARL FOR EACH DAY.

Sondag 28 Mei 2017. 

'N PÊREL VIR ELKE DAG:

(Johannes 21:8-12)
8. Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent tweehonderd el. 
9. En toe hulle geland het, sien hulle 'n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood. 
10. Jesus sê vir hulle: "Bring van die vis wat julle nou gevang het." 
11. Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd-drie-en-vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie. 
12. Jesus sê vir hulle: "Kom eet!"
En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: "Wie is U," nie, omdat hulle wis dat dit die Here was. 

Sunday 28 May 2017. 
A PEARL FOR EACH DAY:
(John 21:8-12)
8. But the other disciples came in the small boat, for they were not far from shore, only some hundred yards away, dragging the net full of fish.  
9. When they got out  on land (the beach), they saw a fire of coals there and fish lying on it (cooking), and bread. 
10. Jesus said to them: "Bring some of the fish which you have just caught."
11. So Simon Peter went aboard and hauled the net to land, full of large fish, 153 of them; and though there were so many of them, the net was not torn. 
12. Jesus said to them: "Come and have breakfast." But none of the disciples ventured or dared to ask Him: "Who are You?" because they (well) knew that it was the Lord.  

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om die korrekte "PÊREL" deur te gee elke dag, volgens u behoeftes. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, lofprysing, aanbidding en danksegging, nou en tot in ewigheid. 
          /
I am trusting the Holy Spirit of God to present the appropriate "PEARL" to you every day, according to your needs. To Him be all glory, honour, praise, worship and thanksgiving now and forever).
  

'N PÊREL VIR ELKE DAG. /. A PEARL FOR EACH DAY.

Sondag 21 Mei 2017. 

'N PÊREL VIR ELKE DAG:

(Johannes 20:19-21)
19. En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week, en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hulle midde gestaan, en gesê: "Vrede vir julle!" 
20. En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle Sy hande en Sy sy. En die dissiels was bly toe hulle die Here sien. 
21. Jesus sê toe weer vir hulle: "Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur ek julle ook."

Sunday 21 May 2017. 
A PEARL FOR EACH DAY:
(John 20:19-21)
19. Then that same day at evening, being the first day of the week, when the doors were shut where the disciples were assembled, for fear of the Jews, Jesus came and stood among them, and said: "Peace be with you!"
20. When He Had said this, He showed them His hands and His side.   And when the disciples saw the Lord, they were filled with joy and ecstasy. 
21. So Jesus said to them again: "Peace to you! Just as the Father Has sent Me forth, I Am also sending you."

(Ek vertrou die Heilige Gees van God om die korrekte "PÊREL" deur te gee elke dag, volgens u behoeftes. Aan Hom kom toe alle eer, heerlikheid, lofprysing, aanbidding en danksegging, nou en tot in ewigheid. 
          /
I am trusting the Holy Spirit of God to present the appropriate "PEARL" to you every day, according to your needs. To Him be all glory, honour, praise, worship and thanksgiving now and forever).